AFRIKAANS: (please scroll down for English version in
Blue)
VEILINGREËLS
Ons veilingreëls is 'n lang dokument, omdat dit aan die Verbruikerswet voldoen. Ons bied eerstens 'n verkorte opsomming aan hieronder, wat van die mees belangrike punte uitlig. Die volledige Veilingreëls volg direk na die kort opsomming.
OPSOMMING VAN DIE VEILINGREËLS
1. Die wild wat op die aanlyn veiling te koop aangebied word, is die wild soos beskryf in die aanlyn katalogus.
2. Die veiling neem 'n aanvang op die tyd en datum vermeld in die aanlyn advertensie van die veiling en bieëry op elke lot sal onderhewig wees aan die spertye wat op die webtuiste bekend gemaak is.
3. Alle voornemende kopers moet aanlyn registreer aangesien geen bod deur 'n ongeregistreerde persoon geldig sal wees nie.
4. Vir registrasie doeleindes moet alle persone die registrasievorm op die webtuiste voltooi. Dit word aanlyn ingedien en sal nie meer as 5 minute neem om te voltooi en in te dien nie. Indien enige verdere inligting verlang word, sal die afslaer met u in verbinding tree. Indien namens 'n ander persoon of entiteit gebie word, geliewe nie minder nie as 48 uur voor die aanvang van die veiling te registreer om die afslaer 'n redelike tyd toe te laat om met die aansoek te handel.
5. Indien 'n reserweprys t.o.v. 'n lot van toepassing is, sal dit in die aanlyn katalogus vermeld word.
6. Die afslaer mag met onmiddellike werking, die registrasie van 'n persoon wat sy of haar bod terugtrek, kanselleer, in welke geval bieëry op die betrokke lot beëindig mag word en die bodproses van die begin af hervat kan word.
7. Die afslaer is nie verplig om die hoogste of enige ander bod te aanvaar wat nie gelyk is aan of meer is as die reserweprys nie.
8. Alle transaksies is op 'n kontant grondslag alleenlik en eienaarskap van lot gaan op die koper oor teen volle betaling van die koopprys plus BTW.
9. Die verkoper sal op sy koste nie later nie as 14 dae nadat die suksesvolle bieër die vereiste Natuurbewaring invoerpermit verskaf het (indien die adres van aflewering buite die Noord-Kaap Provinsie is), die diere wat gekoop is by die koper se gekose adres in die Republiek van Suid-Afrika aflewer. Vir kopers van wie die afleweringsadres binne die Noord-Kaap Provinsie geleë is, sal slegs die geldige omheiningsertifikaat met goedkeuring vir die betrokke spesie benodig word.
10. Alle risikos t.o.v. die wild wat deur die suksesvolle bieër gekoop is gaan op die koper oor na bevredigende inspeksie van die dier op die voertuig vir die vervoer daarvan vir beserings of siekte onmiddellik voordat aflaaiing plaasvind.
Neem asb kennis hierdie is slegs 'n opsomming. Die volledige veilingreels volg direk hieronder.
INDEKS:
VOLLEDIGE VEILINGREËLS VIR DREYER VAN ZYL GAME AANLYN VEILING
nr. opskrif van klousules
1 BINDENDE AARD VAN DIE VEILING REËLS
2 WOORDOMSKRYWINGS
3 VOLDOENING
4 OPENBAARMAKING VAN INLIGTING
5 REGISTRASIE
6 AANLYN KATALOGUS
7 INSPEKSIE
8 ALGEMENE VEILINGSPROSEDURE
9 FICA
10 BETALING EN FINANSIËLE REËLINGS
11 PERMITTE
12 AFLEWERING
13 RISIKO
14 AANSPREEKLIKHEID
15 EIENAARSKAP
16 WEBTUISTE EN INTELLEKTUELE EIENDOMSREGTE
17 GOEIE TROU
18 DEELBAARHEID
19 KONTRAKBREUK
20 KENNISGEWINGS EN DOMICILIA
21 VERGUNNING
22 SKRIFTELIKE KOMMUNIKASIE
23 JURISDIKSIE
24 HELE OOREENKOMS
25 GEEN WYSIGINGE
VEILINGREËLS VIR DREYER VAN ZYL GAME AANLYN VEILING
Datum, Plek en Tyd van Veiling (sien die aanlyn katalogus)
1. BINDENDE AARD VAN REËLS VAN DIE VEILING
1.1 Die gebruiker word geag die veiling reëls te aanvaar het, wat die gebruiker erken hy gelees het en begryp.
1.2 Die afslaer mag te eniger tyd voor die aanvang van registrasie vir 'n bepaalde aanlyn veiling die veiling reëls wysig en die gebruiker aanvaar dat die veiling reëls ten opsigte van enige verkoping by wyse van 'n aanlyn veiling te alle tye die geldende reëls sal wees.
2. WOORDOMSKRYWINGS
2.1 Tensy dit uit die samehang anders blyk of daarmee strydig is, het die volgende woorde in hierdie veiling reëls die onderstaande betekenisse wat daarteenoor aangedui word :
2.1.1 "
aangewese adres", met verwysing na die koper, die plaasadres in die Republiek van Suid-Afrika wat deur die koper by registrasie vermeld is waar die wild wat die koper gekoop het, afgelewer moet word;
2.1.2 "
aanlyn katalogus", inligting aangaande die wild wat op die webtuiste te koop aangebied word;
2.1.3 "
aanlyn veiling", 'n veiling ingevolge waarvan lotte deur die afslaer te koop aangebied word op die webtuiste en ten opsigte waarvan bieërs aanlyn kan bie op die lotte wat in die betrokke aanlyn katalogus bekend gemaak is;
2.1.4 "
afslaer", die persoon wat die veiling hou en wie ook die verkoper van die wild is, hetsy as die eienaar of die regmatige houer daarvan wat die reg het om te verkoop, en "
verkoper" het 'n ooreenstemmende betekenis;
2.1.5 "
besigheidsdag", 'n dag wat nie 'n Saterdag, Sondag of Suid-Afrikaanse openbare vakansiedag is nie;
2.1.6 "
bieër", 'n persoon (wat insluit natuurlike en regspersone, trusts, vennootskappe en verenigings van persone) wie geregistreer het om op die aanlyn veiling te koop en wie op die webtuiste gebie het om 'n lot te koop;
2.1.7 "
bod", 'n aanlyn aanbod om 'n lot te koop;
2.1.8 "
BTW", belasting op toegevoegde waarde ingevolge die BTW Wet;
2.1.9 "
die BTW Wet", die Wet op Belasting op Toegevoegde Waarde, 1991, soos gewysig;
2.1.10 "
die CPA", die"Consumer Protection Act", Nr 68 van 2008, insluitend die regulasies ("
die CPAR") wat daaringevolge verorden is;
2.1.11 "
die EKTW", die Elektroniese Kommunikasies en Transaksies Wet 25 van 2002;
2.1.12 "
gebruiker", 'n gebruiker van die webtuiste, insluitend 'n bieër en 'n koper;
2.1.13 "
geldende reëls", m.b.t. 'n verkoop of enige aangeleentheid wat daarmee verband hou, die veiling reëls wat op die webtuiste bekend gemaak is by die aanvang van registrasie vir die betrokke aanlyn veiling;
2.1.14 "
intellektuele eiendom", met verwysing na die webtuiste, sluit in enige outeursreg, handelsmerke, uitvindings, werfkrag, wat alles in die afslaer gevestig is en aan hom behoort;
2.1.15 "
koopprys", die hoogste bod t.o.v. enige betrokke lot wat nie minder is nie as die reserweprys en deur die afslaer aanvaar is;
2.1.16 "
koper", die bieër wat die hoogste bod t.o.v. die lot gemaak het en wie se bod hoër is as die reserweprys t.o.v. die betrokke lot en wie se bod deur die afslaer aanvaar is;
2.1.17 "
lot", enige individuele dier of 'n groep diere wat te koop aangebied word en as sodanig aangedui word in die aanlyn katalogus ingevolge 'n aanlyn veiling, waaraan 'n unieke nommer vir daardie veiling toegeken is;
2.1.18 "
die partye", die verkoper / afslaer en die koper;
2.1.19 "
prima koers", die rentekoers per jaar wat gelyk is aan Standard Bank van Suid-Afrika Beperk se gepubliseerde prima rente uitleenkoers per jaar, maandeliks agteruit saamgestel, wat van tyd tot tyd deur die gemelde bank gehef word (in die geval van 'n geskil t.o.v. die koers wat aldus betaalbaar is, word die koers gesertifiseer deur enige bestuurder of rekenmeester van enige tak van die gemelde bank, wie se aanstelling of bevoegdheid nie bewys hoef te word nie en wie se sertifikaat prima facie bewys sal wees van die rentekoers en die tydperk ten opsigte waarvan dit gegeld het);
2.1.20 "
die reserweprys", die vertroulike minimum koopprys (indien enige) waarteen die afslaer 'n bod vir die verkoop van die betrokke lot sal aanvaar;
2.1.21 "
die spertyd", die voorafbepaalde tyd vir die maak van 'n bod t.o.v. 'n lot soos bekend gemaak op die webtuiste, welke tyd ingevolge die bepalings van klousule 8.7 verleng kan word;
2.1.22 "
veiling reëls", die bepalings en voorwaardes uiteengesit in hierdie dokument getiteld 'veiling reëls' saamgelees met die besonderhede wat in die aanlyn katalogus vir die betrokke aanlyn veiling uiteengesit is;
2.1.23 "
verkoop", die verkoop van enige lot ingevolge hierdie veiling reëls;
2.1.24 "
webtuiste", die webtuiste onder die naam
www.dreyervanzyl.com;
2.1.25 enige verwysing na die enkelvoud sluit die meervoud in en omgekeerd;
2.1.26 enige verwysing na natuurlike persone sluit regspersone in en omgekeerd;
2.1.27 enige verwysing na 'n geslag sluit die ander geslagte in.
2.2 Die opskrifte van klousules in hierdie veiling reëls is slegs ingevoeg vir gerief van verwysing en word nie in ag geneem by die uitleg daarvan nie.
2.3 Woorde en uitdrukkings wat in ‘n sub-klousule gedefinieer is, dra vir doeleindes van die klousule waarvan die sub-klousule deel vorm, die betekenis wat aan daardie woorde of uitdrukkings in die sub-klousule verleen is.
2.4 Indien enige bepaling in 'n definisie 'n substantiewe bepaling is wat aan 'n party regte verleen of verpligtinge op 'n party plaas, word gevolg daaraan gegee asof dit 'n substantiewe bepaling in die liggaam van die ooreenkoms is, nieteenstaande daarvan dat dit slegs in die interpretasie klousule vervat is.
2.5 Indien in hierdie veiling reëls na 'n tydperk verwys word by wyse van 'n aantal dae, word die dae bereken met die uitsluiting van die eerste en insluiting van die laaste dag, tensy die laaste dag op 'n dag anders as 'n besigheidsdag val, in welke geval die laaste dag, die volgende besigheidsdag is.
2.6 Hierdie ooreenkoms word beheers deur en uitgelê in ooreenstemming met die reg van die Republiek van Suid-Afrika.
3. VOLDOENING
3.1 Hierdie veiling reëls voldoen aan artikel 45 van die CPA tot die mate wat dit van toepassing is.
3.2 Die veiling reëls is deur die afslaer onderteken en voldoen aan die vereistes van artikel 21 van die CPA.
4. OPENBAARMAKING VAN INLIGTING
4.1 Die afslaer maak die volgende inligting aan die gebruiker bekend :
4.1.1
Volle name :
Pieter Dreyer van Zyl;
4.1.2
Fisiese adres :
Hartenbosch Wildplaas, Hartenbos;
4.1.3
Posadres :
Posbus 154, Hartenbos, 6520;
4.1.4
Telefoonnommer :
044 695 0913;
4.1.5
E-pos adres :
info@dreyervanzyl.com;
4.1.6
Webtuiste adres :
www.dreyervanzyl.com.
4.2 Reserwepryse is van toepassing op lotte soos vermeld in die aanlyn katalogus.
5. REGISTRASIE
5.1 Die afslaer mag in sy alleen-diskresie weier om enige persoon as bieër te registreer.
5.2 'n Voornemende koper moet in ooreenstemming met die prosedures wat op die webtuiste bekend gemaak is as bieër registreer deur die aanlyn registrasievorm te voltooi (welke prosedure insluit die onvoorwaardelike aanvaarding van die veiling reëls). Dit sal ook van 'n voornemende koper vereis word om sy / haar e-pos adres te bevestig deur die skakel in die e-pos wat deur die afslaer aan die voornemende koper vir hierdie doeleindes gestuur word, te volg.
5.3 Die afslaer sal na die registrasie waarna in klousule 5.2 verwys word in sy diskresie besluit of die gebruiker se registrasie aanvaar word, al dan nie. Indien die gebruiker se registrasie aanvaar word, stel die afslaer die gebruiker per e-pos in kennis dat sy registrasie suksesvol was en dat hy op die aanlyn veiling mag bie.
5.4 'n Voornemende bieër is alleenlik geregistreer wanneer die afslaer sy registrasie aanvaar het soos hierintevore vermeld.
5.5 Elke bieër word geag om op te tree as 'n prinsipaal.
5.6 Indien 'n bieër handel as 'n verteenwoordiger is hy nogtans gesamentlik en afsonderlik met die prinsipaal aanspreeklik.
5.7 Geen bod deur 'n ongeregistreerde persoon sal geldig wees nie.
5.8 'n Persoon wat op die veiling namens 'n ander persoon bie moet die afslaer vooraf van 'n magtigingsbrief wat hom / haar uitdruklik magtig om namens daardie persoon te bie, verskaf, en beide daardie persoon en die persoon wat namens hom / haar bie moet aan die registrasievereistes wat in klousule 9 uiteengesit word, voldoen.
6. AANLYN KATALOGUS
Alle wild wat op die aanlyn veiling te koop is, sal wees soos in die afslaer se aanlyn katalogus vermeld – wat die aanlyn veiling waarop die katalogus betrekking het, sal identifiseer.
7. INSPEKSIE
Die voornemende koper mag met vooraf reëling met die afslaer 'n lot inspekteer : Met dien verstande dat sodanige reëlings met nie minder nie as 2 (twee) besigheidsdae kennisgewing moet geskied en geen inspeksie plaasvind op 'n Sondag of op 'n godsdienstige vakansiedag of minder as 1 (een) besigheidsdag voor die veiling nie.
8. ALGEMENE VEILINGSPROSEDURE
8.1 Die handeling om vir die veiling te registreer, indiening van die bieër se besonderhede en deelname deur enige bieër aan die veiling, word aanvaar as bevestiging dat die bieër die veiling reëls gelees het, dit begryp, aanvaar en daaraan gebonde is.
8.2 Tensy daar enige ander aanduiding is, word elke lot geag die onderwerp van 'n afsonderlike transaksie te wees. Indien die lot uit meer as een dier bestaan, word elke bod geag t.o.v. een dier te wees, om die lot te koop soos dit is teen die aangebode prys per dier.
8.3 Enige geskil hoegenaamd wat mag ontstaan i.v.m. 'n bod, word deur die afslaer in sy uitsluitlike en alleen-diskresie beslis, wat mag insluit die kansellering van alle botte t.o.v. enige lot.
8.4 Die veiling neem 'n aanvang op die tyd wat bekend gemaak is en word nie vertraag om een bepaalde persoon of meer persone in die algemeen in staat te stel om aan die veiling deel te neem nie.
8.5 Die afslaer beheer elke aspek van die veiling en sy beslissing is finaal en bindend t.o.v. enige aangeleentheid wat onstaan uit of i.v.m. enige bod.
8.6 In die geval van enige geskil aangaande die vraag wie die suksesvolle bieër is, mag die afslaer, behoudens enige ander regte, die lot van die veiling onttrek of die lot weer te koop aanbied, in geval waarvan alle vorige botte geag sal word gekanselleer te wees. Die afslaer sal op versoek van enige party tot 'n geskil die rekord van bieërs vir inspeksie beskikbaar stel.
8.7 Tensy die afslaer anders bepaal, sluit alle botte op die tyd wat op die webtuiste bekend gemaak is. Indien 'n bod geplaas word binne die laaste 10 (tien) minute voor die spertyd, word die spertyd outomaties met 'n verdere 10 (tien) minute verleng, welke proses herhaal word elke keer wanneer 'n bod binne die laaste 10 (tien) minute voor die verlengde spertyd ontvang word.
8.8 Indien 'n lot teen 'n reserweprys aangebied word en 'n bod gelyk aan of meer as die reserweprys word nie teen die spertyd ontvang nie, verskyn 'n elektroniese boodskap "
veiling gesluit,
nie verkoop nie,
reserweprys nie behaal nie" op die webtuiste.
8.9 Indien 'n lot teen 'n reserweprys aangebied is en die reserweprys is behaal (onderhewig aan klousule 8.7), reflekteer die webtuiste die boodskap "
veiling gesluit R___________verkoop", onderhewig egter aan die bepalings van klousule 8.11.
8.10 Indien die reserweprys nie teen die spertyd of 'n verlengde spertyd, na gelang van die geval, behaal is nie, kan die afslaer met die hoogste bieër in verbinding tree om vas te stel of hy bereid is om sy bod te verhoog om die reserweprys te ewenaar, en indien hy daartoe instem, sal hy die koper wees.
8.11 Die afslaer sal so spoedig as moontlik na die spertyd of die verlengde spertyd, na gelang van die geval, maar in ieder geval nie meer as 48 (agt en veertig) uur daarna nie, die hoogste bieër in kennis stel dat hy die koper van die lot is, onderhewig daaraan dat sy bod gelyk is aan of hoër is as die reserweprys.
8.12 Die afslaer is nie verplig om die hoogste bod of enige bod wat nie die reserweprys ewenaar of dit oorskry nie, te aanvaar nie.
8.13 Indien die bieër in kennis gestel is dat sy bod die hoogste bod was, maar dat die reserweprys nie behaal was nie, bly so 'n bod bindend vir 24 (vier en twintig) uur na die spertyd of die verlengde spertyd, na gelang van die geval. Die afslaer mag binne die gemelde tydperk van 24 (vier en twintig) uur die hoogste bod aanvaar alhoewel dit nie die reserweprys behaal het nie en indien die afslaer binne 24 (vier en twintig) uur na die spertyd of die verlengde spertyd, na gelang van die geval, 'n hoër bod vir die lot ontvang, gee die afslaer die eersgenoemde hoogste bieër 'n reg van eerste weiering om die lot te koop teen die hoër aangebode prys wat na die spertyd ontvang is.
8.14 Vir die uitskakeling van onduidelikheid word dit bepaal dat onderhewig aan enige reserweprys en aanvaarding van die hoogste bod deur die afslaer, is die hoogste bieër teen die spertyd of die verlengde spertyd, na gelang van die geval, die koper van die betrokke lot.
8.15 Die verkoop van 'n lot word bevestig deur 'n bevestigende e-pos wat deur die afslaer aan die koper gestuur word, wat die besonderhede van die koopprys en die lot bevestig.
8.16 Die bieër se besonderhede bedoel in regulasie 26 van CPAR en die vendu-rol bedoel in regulasie 28(4) van die CPAR, is beskikbaar vir inspeksie gedurende normale sake-ure vry van betaling van enige gelde.
8.17 Elke bod stel 'n ferm aanbod daar vir die koop van die lot wat te koop is teen die bedrag wat gebie is. Die bieër mag ingevolge artikel 45(3) van die CPA sy / haar bod terugtrek voordat hy deur die afslaer in kennis gestel is dat sy bod die suksesvolle bod was. Die afslaer mag te eniger tyd met onmiddellike werking die registrasie van 'n persoon wat sy of haar bod terugtrek, kanselleer en die afslaer mag in die geval van die terugtrekking van die hoogste bod, alle bieëry op daardie lot beëindig en die proses herhaal.
8.18 Geen bod mag teruggetrek word nadat die bieër in kennis gestel is dat sy bod die suksesvolle bod was nie en die aanbod sal oopbly vir aanvaarding deur die afslaer.
9. FICA
9.1 Dit word geboekstaaf dat die afslaer rekord sal hou van die identifiserende besonderhede van alle bieërs op die aanlyn veiling.
9.2 'n Voornemende bieër moet voor die aanvang van die veiling sy identiteit in die rekord van bieërs registreer in ooreenstemming met die bepalings van die Wet op Finansiële Intelligensiesentrum 38 van 2001, deur sy / haar volle name, identiteits- of paspoortnommer, ouderdom, fisiese adres, sowel as die besonderhede van die wyse waarop betaling gemaak sal word, te verskaf.
9.3 'n Persoon wat van voorneme is om namens 'n ander te bie, moet die afslaer voorsien van 'n magtigingsbrief wat hom / haar uitdruklik magtig om namens daardie persoon te bie, en beide daardie persoon en die persoon wat namens hom / haar bie moet voldoen aan die vereistes waarna in klousule 9.2 verwys word.
9.4 'n Persoon wat namens 'n maatskappy sal bie moet die afslaer voorsien van 'n magtigingsbrief onder die briefhoof van die maatskappy, wat vergesel moet gaan van 'n gesertifiseerde afskrif van die besluit wat hom / haar magtig om aldus te handel.
9.5 Die afslaer het die reg om bykomende inligting en dokumentasie te versoek om hom in staat te stel om 'n besluit te neem of hy die bieër moet registreer, al dan nie, insluitend maar nie beperk nie tot 'n sertifikaat van inlywing, magtigingsbrief uitgereik deur die Meester in die geval van 'n trust en geldende bewys van adres (nie ouer nie as 3 (drie) maande).
10. BETALING EN FINANSIËLE REËLINGS
10.1 Tensy anders met die afslaer ooreengekom, moet alle betalings gedoen word by wyse van elektroniese / kontant oordragte in die ondergemelde bankrekening van die afslaer, naamlik :
Naam van rekeninghouer :
Meros (Pty) Ltd
Naam van Bank :
ABSA Bank Beperk
Takkode :
632 005
Rekeningnommer :
408 5218 797
Aard van rekening :
Tjek
10.2 Alle transaksie voortspruitend uit die aanlyn veiling is op die grondslag van kontant alleenlik.
10.3 BTW is van die bod-prys uitgesluit, wat bykomend en gelyktydig met die koopprys betaalbaar is en wat alles betaalbaar is binne 48 (agt en veertig) uur nadat die afslaer die bieër in kennis gestel het dat sy bod aanvaar is en dat hy die betrokke lot gekoop het. Die afslaer sal gelyktydig wanneer hy die suksesvolle bieër in kennis stel dat die lot aan hom verkoop is aan hom 'n BTW faktuur uitreik (vir doeleindes waarvan die bieër vir registrasie doeleindes die afslaer moes voorsien het van sy BTW registrasie).
10.4 Indien betaling geskied by wyse van elektroniese oordrag van fondse, word sodanige betaling geag deur die afslaer ontvang te wees wanneer die betaling op die rekening van die afslaer gekrediteer is.
10.5 Alle betalings wat deur die koper gemaak word mag deur die afslaer aangewend word ter vereffening van enige bedrae wat die koper t.o.v. die betrokke aanlyn veiling verskuldig is sonder inagneming van enige toewysing deur die koper.
10.6 Dit word geboekstaaf dat die afslaer die eienaar is van die wild wat op die aanlyn veiling te koop aangebied word of in die alternatief dat hy die reg het om die wild te verkoop volgens die aanlyn katalogus en dat hy derhalwe nie 'n trustrekening hou nie.
10.7 Dit word geboekstaaf dat geen bieër aanspreeklik sal wees vir enige koste vir die adverteer en aanbied van die aanlyn veiling nie.
11. PERMITTE
11.1 Die koper is daarvoor verantwoordelik om die vereiste Natuurbewaring invoerpermit na die aangewese adres waar die wild afgelewer moet word te verkry indien die adres buite die Noord-Kaap Provinsie is. Vir doeleindes hiervan sal die afslaer binne 2 (twee) besigheidsdae na ontvangs van 'n skriftelike versoek vanaf die koper, die besonderhede wat die koper vir daardie doeleindes mag benodig, verskaf (maar sonder dat dit die afslaer aanspreeklik maak om die permitte te verkry).
11.2 Indien die koper versuim om die afslaer binne 21 (een en twintig) dae na bevestiging van die verkoop, van die vereiste invoerpermit te voorsien, gaan die risiko t.o.v. die wild wat gekoop is op die koper oor en is die koper vir elke dag daarna aanspreeklik vir betaling van 'n fooi van R100-00 (een honderd Rand) per dag per dier wat deur die verkoper gehou word. Indien die vereiste permit nie aan die verkoper verskaf word binne 90 (negentig) dae na die bevestiging van die verkoop nie, is die verkoper geregtig om onmiddellik die ooreenkoms te beëindig, in geval waarvan die koper aanspreeklik bly vir die daaglikse fooi waarna verwys is en die afslaer mag in sy diskresie tot 25% van die koopprys as gelikwideerde skadevergoeding behou.
11.3 Alhoewel die risiko t.o.v. die wild by lewering by die aangewese adres op die koop oorgaan, beveel die verkoper aan dat die fasiliteite waar die wild afgelaai word sodanig moet wees dat vroulike diere nie in 'n kraal afgelaai word nie, maar in kampe tussen 5 (vyf) tot 20 (twintig) hektaar met water en voer in elke hoek van die kamp.
11.4 Indien die verkoper se 2-wiel aangedrewe afleweringsvoertuig vasval op die pad na die plaas waar die wild afgelewer moet word of indien die toestand van die pad sodanig is dat dit die vervoer van die wild gevaarlik maak of indien die voertuig nie geredelik toegang tot die plaas waar die wild afgelewer moet word kan verkry nie, gaan die risiko op daardie tydstip onvoorwaardelik op die koper oor en die gekoopte wild sal geag word in 'n goeie toestand en vry van beserings afgelewer te wees.
12. AFLEWERING
12.1 Tensy skriftelik anders ooreengekom met die koper, lewer die verkoper nie later nie as 14 (veertien) besigheidsdae nadat die verkoper deur die koper voorsien is van die permit bedoel in klousule 8.1, op sy koste die wild wat deur die koper gekoop is af by die aangewese adres in die Republiek van Suid-Afrika.
12.2 Nieteenstaande enige ander bepalings is die verkoper nie verplig om 'n lot aan die koper daarvan vry te laat vir die afhaal daarvan indien die koopprys plus BTW daarop nie ten volle deur of ten behoewe van die koper betaal is nie.
13. RISIKO
13.1 Onderhewig aan die bepalings van klousules 11 en 12 gaan alle risikos t.o.v. die wild wat deur die koper gekoop is op die koper oor na bevredigende inspeksie van die diere soos na verwys in klousule 13.2 en op die tydstip onmiddellik voordat die diere by die aangewese adres afgelaai word.
13.2 Voordat die diere afgelaai word moet die koper en die verkoper of hul verteenwoordigers die diere vir enige tekens van wesenlike beserings of siekte inspekteer op die voertuig wat dit vervoer. Die koper mag slegs weier om lewering van die wild te neem indien 'n veearts wat geregistreer is by die Suid-Afrikaanse Veeartsenykundige Raad en bedrewe is in wildlewe werk, gesertifiseer het dat die besering of toestand van die dier sodanig is dat die weiering om lewering te neem geregverdig is.
13.3 Die wild wat deur die verkoper afgelewer is, word behoudens die bepalings van klousules 13.1 en 13.2 vir alle doeleindes geag vry van besering en in goeie toestand afgelewer te wees.
13.4 Indien enige dier wat deur die koper gekoop is voor lewering beseer word of siek raak sodat die verkoper nie daartoe in staat is om aan die koper die wild wat hy gekoop het in 'n gesonde toestand sonder sigbare beserings te lewer nie, mag die verkoper in sy diskresie die verkoping van die lot kanselleer, in geval waarvan die koper nie enige eise teen die verkoper het nie en die verkoper enige bedrag wat die koper alreeds mag betaal het, moet terugbetaal.
13.5 Enige waarborg dat die diere wat te koop aangebied word dragtig is, word gegee soos op en tot en met die tydstip van aflewering, maar voortgesette dragtigheid en suksesvolle kalwing word nie gewaarborg nie.
14. AANSPREEKLIKHEID
14.1 Sonder om afbreuk te doen aan enige ander bepalings van die veiling reëls, is enige eis teen die afslaer beperk tot die bedrag van die koopprys van die betrokke dier en die afslaer sal nie aanspreeklik wees vir enige indirekte of gevolgskade nie.
14.2 Die afslaer is nie aanspreeklik vir enige vertraging, versuim, verbreking of nie-nakoming t.o.v. enige verpligtinge wat ontstaan uit of ingevolge die veiling reëls nie indien sodanige vertraging, versuim, verbreking of nie-nakoming buite die redelike beheer van die afslaer is nie.
14.3 Indien enige dier wat deur die suksesvolle bieër gekoop is voor aflewering daarvan doodgaan, word die verkoop geag kanselleer te wees, die koper het nie enige eis teen die verkoper as gevolg daarvan nie en die afslaer betaal alle bedrae wat deur die koper betaal is terug.
14.4 Vir die uitskakeling van enige onduidelikheid word dit geboekstaaf dat geen waarborge anders as dié wat in die aanlyn katalogus vermeld word t.o.v. die diere wat te koop aangebied word, gegee word nie, insluitend maar nie beperk nie tot vrugbaarheid.
14.5 Die gebruiker aanvaar volle verantwoordelikheid vir die beskerming van sy gebruikersnaam en wagwoord en alle botte wat onder sy gebruikersnaam en wagwoord gemaak word, onafhanklik daarvan of dit regmatig gebruik is al dan nie.
15. EIENAARSKAP
Eienaarskap t.o.v. 'n lot gaan op die koper oor teen volle betaling van die koopprys plus BTW t.o.v. die betrokke lot.
16. WEBTUISTE EN INTELLEKTUELE EIENDOMSREGTE
16.1 Die gebruiker gebruik die webtuiste op sy eie risiko.
16.2 Die gebruiker mag nie die webtuiste en die intellektuele eiendom op enige wyse vir sy eie doeleindes gebruik nie behalwe om te registreer ingevolge die veiling reëls en om deel te neem aan die aanlyn veiling.
17. GOEIE TROU
Die partye tree te alle tye in goeie trou op.
18. DEELBAARHEID
Die bepalings van hierdie veiling reëls is skeibaar en deelbaar en indien enigeen daarvan onafdwingbaar is, word dit geag
pro non scripto te wees sonder dat dit enige ander bepalings beïnvloed (wat bindend bly).
19. KONTRAKBREUK
19.1 Indien enigeen van die partye (“
die skuldige party”) kontrakbreuk pleeg ten opsigte van enige bepaling, voorwaarde, onderneming, waarborg of voorstelling vervat in hierdie ooreenkoms en versuim om sodanige kontrakbreuk reg te stel binne 5 (vyf) dae (of sodanige langer tydperk as wat redelikerwys nodig mag wees) na ontvangs van ‘n skriftelike kennisgewing vanaf die ander party (“
die onskuldige party”), wat vereis dat sodanige kontrakbreuk reggestel moet word, is die onskuldige party, behoudens enige ander regte wat hy ingevolge hierdie ooreenkoms of in die reg mag hê, geregtig om onmiddellik hierdie ooreenkoms met skriftelike kennisgewing aan die skuldige party te kanselleer.
19.2 Indien die koper versuim om enige bedrag op die vervaldatum te betaal, dra die bedrag van die koopprys vanaf die verskuldige datum tot op die datum van betaling rente teen die prima koers plus 2%, gekapitaliseer maandeliks op die laaste dag van elke maand.
20. KENNISGEWINGS EN DOMICILIA
20.1 Die partye kies as hulle
domicilia citandi et executandi hul onderskeie adresse waarna verwys word in hierdie klousule vir alle doeleindes wat ontstaan uit of in verband met hierdie ooreenkoms, by welke adresse alle prosesstukke en kennisgewings wat ontstaan uit of in verband met hierdie ooreenkoms, die verbreking of beïndiging daarvan geldiglik op die partye beteken of aan hulle gelewer kan word.
20.2 Vir doeleindes van hierdie ooreenkoms is die partye se onderskeie addresse -
20.2.1 die afslaer by die adresse waarna in klousule 4 verwys word,
20.1.2 die bieër / koper by die adresse uiteengesit in die aanlyn registrasiebesonderhede waarna in klousule 5 verwys word,
of by sodanige ander adresse in die Republiek van Suid-Afrika waarvan die een party die ander skriftelik in kennis mag stel, onderhewig daaraan dat geen straatadres wat in hierdie subklousule vermeld word vervang mag word met 'n posbus of
poste restante nie.
20.3 'n Kennisgewing wat ingevolge hierdie ooreenkoms gegee word, moet in skrif wees en sal –
20.3.1 indien dit per hand afgelewer word, geag word behoorlik deur die geadresseerde ontvang te wees nie later nie as 17h00 op die datum van aflewering;
20.3.2 indien dit per voorafbetaalde geregistreerde pos gepos is, sal dit geag word ontvang te wees deur die geadresseerde nie later nie as 17h00 op die 8ste (agste) dag volgende op die dag waarop dit gepos is;
20.2.2 indien dit per faks of e-pos gestuur is, sal dit geag word ontvang te wees deur die geadresseerde nie later nie as 17h00 op die dag volgende op die dag van versending,
tensy die teendeel bewys word.
20.4 Nieteenstaande enige uitdruklike of stilswyende andersluidende bepalings vervat in hierdie ooreenkoms, word 'n kennisgewing of kommunikasie wat werklik deur een van die partye vanaf die ander ontvang word geag voldoende kennisgewing of kommunikasie aan sodanige party te wees.
21. VERGUNNING
Geen verslapping, vergunning of vertraging (tesame na verwys as "
vergunning") deur enige party in die uitvoer, of versuim deur enige party om enige reg onder hierdie veiling reëls uit te oefen, sal geïnterpreteer word as 'n afstanddoening van enige van sy regte nie, en sal nie die party verhoed om daarna die reg uit te oefen of remedie toe te pas nie, en geen vergunning sal 'n afstanddoening daarstel van enige ander reg nie (of dit teen daardie party of 'n ander persoon is nie).
22. SKRIFTELIKE KOMMUNIKASIE
Geen kommunikasie tussen die partye sal enige bindende krag hê tensy dit op skrif gestel is nie, hetsy elektronies of andersins.
23. JURISDIKSIE
Die partye stem toe tot die jurisdiksie van die Landdroshof t.o.v. enige aangeleentheid wat uit hierdie ooreenkoms voortspruit, insluitend die kansellasie daarvan, onderhewig daaraan dat die afslaer / verkoper geregtig is om in sy diskresie enige regstappe in te stel in die Noord-Kaap Hoër Hof, Kimberley.
24. HELE OOREENKOMS
Hierdie veiling reëls stel die volledige ooreenkoms tussen die partye daar m.b.t. die onderwerp hiervan en geen ooreenkomste, voorstellings of waarborge tussen die partye m.b.t. die onderwerp hiervan anders as dié wat in hierdie ooreenkoms uiteengesit is bind die partye nie.
25. GEEN WYSIGINGE
Geen byvoeging tot of wysiging van, ooreengekome kansellasie of novasie van hierdie veiling reëls en geen afstanddoening van enige reg wat ontstaan uit hierdie ooreenkoms of die verbreking of beëindiging daarvan sal van enige regskrag wees tensy dit op skrif gestel en deur al die partye of hul behoorlik gevolmagtigde verteenwoordigers onderteken is nie.
ENGLISH:
AUCTION RULES:
In order to comply with the Consumer Proctection Act, our Auction Rules is a comprehensive document. We offer an executive summary for your convenience, which highlights salient points regarding our auction. For the full set of auction Rules, please scroll down as it follows the executive summary.
DREYER VAN ZYL GAME ONLINE AUCTION
EXECUTIVE SUMMARY OF RULES OF AUCTION
1. The game offered for purchase on the online auction shall be as described in the online catalogue.
2. The auction will commence on the time and date stated in the online advertisement of the auction and bidding on each lot shall be subject to the cut-off times published on the website.
3. All prospective purchasers are required to register online because no bid by an unregistered person shall be valid.
4. For registration purposes all persons are required to fill out the registration form on the website. It is submitted online and will take no more than 5 minutes to complete and submit. If any more information is required, the auctioneer will contact the bidder. If bidding on behalf of another person or entity, kindly register no less than 48 hours before the start of the auction, to allow a reasonable period for the auctioneer to deal with the application.
5. If a reserve price applies in respect of a lot, it shall be stated in the online catalogue.
6. The auctioneer may at any time, with immediate effect, cancel the registration of a person who retracts his or her bid, in event whereof bidding on the lot concerned may be terminated and the bidding process be recommenced.
7. The auctioneer shall not be obliged to accept the highest or any other bid which does not match or exceed the reserve price.
8. All transactions are on a cash only basis and ownership in a lot shall pass to the purchaser upon payment in full of the purchase price plus VAT.
9. The seller shall at his expense not later than 14 (fourteen) days after the successful bidder has furnished the required Nature Conservation importation permit (if the address is outside the Northern Cape Province), deliver the animals purchased at the purchaser's chosen address in the Republic of South Africa. For buyers whose farms are within the Northern Cape Province, only a valid enclosure certificate listing the relevant species will be required.
10. All risks in and to the game purchased by the successful bidder shall pass to the purchaser after successful inspection of the animals on the transportation vehicle for injury or sickness immediately before off-loading takes place.
Please take note : This is a summary only. For the full text, please scroll down as it follows directly below this summary.
Index
COMPLETE RULES OF AUCTION OF DREYER VAN ZYL GAME ONLINE AUCTION
no CLAUSE HEADINGS
1 BINDING NATURE OF THE RULES OF AUCTION
2 DEFINITIONS
3 COMPLIANCE
4 DISCLOSURE OF INFORMATION
5 REGISTRATION
6 ONLINE CATALOGUE
7 INSPECTION
8 GENERAL AUCTION PROCEDURE
9 FICA
10 PAYMENT AND FINANCIAL ARRANGEMENTS
11 PERMITS
12 DELIVERY
13 RISK
14 LIABILITY
15 OWNERSHIP
16 WEBSITE AND INTELLECTUAL PROPERTY RIGHTS
17 GOOD FAITH
18 DIVISIBILITY
19 BREACH
20 NOTICES AND DOMICILIA
21 RELAXATION
22 WRITTEN COMMUNICATION
23 JURISDICTION
24 WHOLE AGREEMENT
25 VARIATION